Media releases

Die Ouditeur-Generaal rapporteer 'n merkbaar verbeterende tendens in plaaslike regeringsouditresultate

KAAPSTAD - Die merkbare toename in die aantal munisipaliteite en munisipale entiteite wat finansieel ongekwalifiseerde ouditmenings met geen bevindings (algemeen bekend as 'n 'skoon oudit') in die 2013-14 boekjaar ontvang het, is 'n lofwaardige stap in die rigting van grootliks goeie bestuur vir Suid-Afrika se openbare sektor, het die Ouditeur-Generaal (OG) Kimi Makwetu vandag gesê.

Met die vrystelling van sy verslag oor plaaslike regeringsoudituitkomste vir die jaar onder oorsig, het Makwetu gesê die voortgesette verbetering in munisipale oudituitkomste is grootliks te danke aan die feit dat die politieke en administratiewe leierskap "begin om die regte toon te stel en deur hul voorbeeldige leiding verseker dat die basiese beginsels van goeie bestuur in plek is en streng geïmplementeer word", in lyn met sy kantoor se voortgesette boodskappe van goeie bestuur in die openbare sektor.

Click here to download the full document

Related

Share